8 Tongvisrolletjies

Dankie vir jou resep Jan
Lewer 12 porsies
6 Tongvisse, elkeen in 4 filette gesny
180 ml Vis- of hoenderaftreksel
5 ml Droë dille
5 ml Droë pietersielie
45 ml Suurlemoensap
10 ml Sout
5 ml Witpeper
Metode:
Rol elke visfilet op en steek met ‘n peuselstokkie vas. Meng die aftreksel, kruie en suurlemoensap. Pak visfilette in ‘n oondpan. Giet diesuurlemoensap oor en geur met die sout en peper. Bak die vis by 180°C vir 35 minute. Dreineer die vis en sit voor met Hollandaisesous. Lewer 12 porsies
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *