Beesstertpotjie ~ Jan

Dankie vir jou resep Jan
2 Beessterte in litte deurgesny
4 Wortels in dik skywe gesny
3 Groot uie gekerf
1 Blik botterbone
10ml Sout
1 Pakkie Beesstertsoppoeier
250ml Beesboeljon
4 Aartappels en blokkies gesny
250ml Groenertjies
250g Sampioene
6 Murgpampoentjies in skywe gesny
2 Uie in ringe gesny
Metode:
Verbruin die vleis in ‘n warm pot met olie. Haal uit en braai die uie sag. Skep vleis terug en voeg die soppoeier en boeljon by. Voeg 1 koppie water by en laat stadig prut vir 2 ½ uur. Skep die vet af. Pak die aartappels en wortels in die pot. Gooi die botterbone oor die wortels. Gooi die ertjies by, dan die sampioene en murgpampoentjies en laastens die uieringe. Maak die pot toe en prut 45 minute. Maak souskluitjies en skep lepelsvol in die sous. Maak pot toe en prut 20 minute. Moenie die deksel lig nie anders slaan die kluitjies toe. Genoeg vie 10 persone.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 297 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *