Geurige Beesskenkelpotjie

Nog ‘n heerlike resep van Jan af

No.3 Pot
6 Beesskenkelskywe 1 ½ cm dik gesny
8 Lamsniertjies, gehalveer en vlies verwyder
20ml Olyfolie
2 Uie in Skywe gesny
5ml Gemaalde knoffel
350ml Vleisaftreksel
50ml Tamatiepasta
5ml Suiker
5ml Sout
5ml Varsgemaalde swartpeper
10 Geel vlapampoentjies
6 Groot aartappels
100g Ertjies
100ml Suurroom
30ml Brandewyn

Metode:
Verhit die olie in die pot en braai die vleis en niertjies oor matige hitte tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot ui deurskynend is. Geur met sout en peper. Verhit die aftreksel en tamatiepasta saam en voeg saam met die suiker by die vleis. Sit deksel op en prut 2 ure. Pak die aartappels pampoentjies en ertjies bo-op. Sit die deksel op en prut nog 45 minute. Meng die suurroom en brandewyn en voeg by die potjie net voordat dit voorgesit word. Steek die steel van ‘n houtlepel versigtig op ‘n paar plekke in die kos en wikkel liggies sodat die suurroom-en-brandewynmengsel goed kan deurloop.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 256 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *