Hoender en Spek Potjie

Hierdie kan ek sommer sien is ‘n wenresep. Baie dankie Jan

No.3 pot
12 Hoenderdye
15ml Olyfolie
15ml Botter
250g Ontbytspek gekap
50ml Brandewyn
10ml Gemaalde knoffel
2 Groot uie gekerf
1 Groen soetrissie gekerf
1 Selderystingel in dun ringe gesny
20 Klein aartappeltjies geskil
4 Wortels in wielietjies gesny
15 Klein heel uitjies
250g Knopiesampioene
8 Murgampoentjies in skywe gesny
150g Klam gekerfde beesbiltong
250ml Cheddar Kaas
125ml Vars gekapte pietersielie

Sous:
2 Hoederaftrekselblokkies
250ml Kookwater
500ml Droë witwyn
250ml Blatjang
1 Pakkie sampioensoppoeier
5ml Gedroogte tiemie
5ml Gemengde kruie
5ml Suurlemoenpeper

Metode:
Los die aftrekselblokkis in die kookwater op en meng die res van die sous bestanddele by. Hou eenkant. Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spek en biltong by en braai 5 minute. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, rissie en seldery oor en plaas daarna die aartappels en wortels bo-op. Giet nou die sous oor. Plaas die deksel terug en laat prut 1 uur. Voeg ½ koppie kookwater by. Prut nog ‘n halfuur. Roer net voor opdiening en strooi kaas oor en prut vir so nog 5 minute tot kaas gesmelt is. Strooi nou die pietersielie oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,304 times, 1 visits today)
Advertisements

4 thoughts on “Hoender en Spek Potjie”

    1. Die biltong kan jy braai saam met die spek. Die kaas gooi jy oor net voor opdiening. Laat so 5 minute prut tot gesmelt

  1. Word die groente in die volgende lae gepak? Aartappels,wortels,uitjies,sampioene en murg pampoeintjies. Dankie laat weet asb.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *