HOENDER-NOEDELPOTJIE

Dankie vir die resep Okkie

Inhoud
8 hoenderdye    
30mlkookolie
2 selderystingels, gekap .      
2 tamaties, geskil en in skywe gesny.
1 groen soetrissie, gesnipper . 
250g heel knopiesampioene
250ml uiegras, gekap    
15ml pietersielie, fyn gekap
10ml gedroogte gemengde kruie . 
500ml rou skulpnoedels
5ml vars gemaalde swartpeper .  
3ml gedroogte roosmaryn
250ml droë wit wyn .    
250ml gerasperde Cheddar-kaas
sout en peper na smaak
Metode
Sprinkel die sout en peper oor die hoender. Verhit die olie in die pot en braai die hoender ’n paar stukke op ’n keer tot goudbruin. Pak die groente in lae op die vleis in die volgende volgorde: seldery, tamaties, soetrissie, sampioene en uiegras. Sprinkel die pietersielie en gemengde kruie bo-oor en voeg dan die noedels by. Sprinkel die peper en die roosmaryn oor en giet die wyn daaroor. Sit die deksel op en laat prut vir 1 uur. Strooi die kaas bo-oor en laat prut vir nog 20 minute. Bedien met ’n vars slaai van jou keuse.
BLAAUWKRANZ-AARTAPPELSLAAI
Inhoud
6 medium aartappels, gaar, in skywe gesny               
3 gekookte eiers, 2 in skywe en 1 gekap
4 grasuie, gekap                                            
 sout en suurlemoenpeper
170ml bloukaas, fyn gekrummel                        
50 ml mayonnaise
175 ml natuurlike jogurt                                     
15 ml vars, gekapte pietersielie
1 grasui, grof gekap vir garnering
Metode
 Rangskik die aartappels, eierskywe en gekapte grasuie in lae in ‘n slaaibak.
Geur elke aartappel en eierlaag met ‘n bietjie sout en peper.
Meng die kaas, jogurt, mayonnaise en pietersielie saam en giet oor die slaai.
Garneer met gekapte, hard gekookte eier en grasuie.
Wenk:
Berei die slaaisous vooraf en verkoel vir 2-3 ure sodat die geure kan ontwikkel.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 161 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *