Hoender Potjie met Roomsous

Dankie vir die resep Jan

No. 2 Pot
8 Hoenderdye
250g Ontbytspek gesnipper
10ml Hoender braaispeserye
4 Groot uie gekap
60ml Appelkooskonfyt
100ml Water
15ml Worcestersous
12 Heel uitjies
12 Babaaartappeltjies geskil
3 Koppies gemengde groente
250g Sampioene in skywe gesny
10ml Aromat
1 Pakkie beesstertsoppoeier
1 Pakkie dik wit uiesoppoeier
500ml Vars room

Metode:
Sprinkel die braaispeserye oor die hoender. Verhit die pot en braai die spek vir 5 minute. Voeg die uie en appelkooskonfyt by en braai tot sag. Voeg die hoender, water en Worcestersous by, sit die deksel op en prut 15 minute. Voeg die uitjies,groente en aartappels by en laat prut 10 minute. Voeg nou die sampioene by, sprinkle die aromat oor en prut vir 30 minute. Lewer 4 Porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,238 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *