Krapstokkie voorgereg

‘n Groot dankie aan Jan van Niekerk vir al sy bydares

400g Bevrore krapstokkies
1 Blik tuna in water

Sous:
125ml Mayonaise
75ml Sonneblomolie
15ml Asyn
5ml Suiker
10ml Matige kerriepoeier
2,5ml Aangemaakte mosterd
1ml Gemengde kruie
5ml Knoffel en kruie geursel
3ml Tabasco
30ml Gekapte grasui
5ml Sout
3ml Varsgemaalde swartpeper

Metode:
Ontdooi krapstokkies gedeeltelik. Sny in 1cm stukkies. Dreineer die tuna, vlok dit en meng met krapstokkies. Meng al die sousbestanddele, giet dit oor die krap en tuna. Bedek en verkoel tot een uur voor opdiening. Lewer 8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 521 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *