Lamsvleis en Kluitjiepot

Dankie vir die resep Jan

No.6 Platpot
2kg Lamsnekskywe 2cm dik gesny
10ml Sout
10ml Varsgemaalde swartpeper
3 Uie gekerf
5ml Gemaalde knoffel
4 Tamaties geskil en gekap
5ml Suiker
4 Groot aartappels in blokkies gesny
375ml Vleisaftreksel

Metode:
Verhit pot oor matige hitte. Verhit die olie in die pot en braai die vleis bruin. Voeg die geurmiddels by. Voeg die uie, knoffel, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir 1 ½ uur. Voeg die aartappels by, maak toe en prut nog 30 minute. Maak kluitjies en skep in die sous. It deksel op en prut 15 minute. Moenie deksel lig nie. Sit dadelik voor. Lewer 8 tot 10 porsies.

Kruie Kluitjies

250ml Bruismeel
5ml Sout
10nl Botter
5ml Gemengde kruie
1 Eier geklits
60ml Melk

Metode:
Sif meel en sout saam. Vryf die botter in tot dit krummels vorm. Voeg die kruie by. Klits die melk en eier saam en meng liggies met die meel. Skep lepelsvol in die pot. Moenie die deksel lig terwyl die kluitjies kook nie anders slaan hulle toe.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 267 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *