Outydse Boontjiestowe

Dankie vir die resep Jan

250 ml Droëboontjies
500 g Groenboontjies
2 Aartappels
1 Ui
200 g Vetterige skaapvleis
125 ml Water
5 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
15 ml Suurlemoensap
15 ml Botter

Metode:
Week die droëboontjies oornag in koue water. Dreineer die volgende oggend en gooi skoon water oor. Kook die boontjies vir ‘n uur, gooi die water af en druk die boontjies stukkend, maar nie pap nie. Hou eenkant.
Was die groenboontjies, trek die draadjie langs die kant af, sny die kop en ent af en kerf fyn. Skilen sny die aartappels in blokkies. Skil en kap die ui ook fyn. Sit die vleis, boontjies aartappels en ui in ‘n kastrol en gooi bietjie water oor. Kook vir 30 minute. Voeg nou die sout en peper by, asook die droëboontjies. Sprinkel die suurlemoensap oor en kook nog 10 minute. Sit die botter op die boontjies en wanneer dit gesmelt het, roer dit deur en bedien saam met vleis en rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 213 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *