Rooi Hoender Potjie

Nog n wenresep van Jan van Niekerk

No. 3 Pot
10 Hoenderdye
10ml Sout
10ml Varsgemaalde swartpeper
1 Koppie koekmeel
2 Medium uie fyngekap
1 Koppie rys gaar gekook
10 ml fyn gemmer
5ml Gemaalde knoffel
25ml Botter
15 Klein aartappeltjies
500g Gevriede babawortels
12 Vlapampoentjies
250g Sampioene
Sous:
300ml Tamatiesous
50ml Blatjang
20ml Worcestersous
3ml Tabascosous
50ml Asyn
50ml Suiker
5ml mosterdpoeier
15ml Paparika
125ml Water
Metode:
Meng die sousbestanddele in ‘n fles met skroefdeksel en skud goed tot alles gemeng is. Maak die pot warm en gooi die botter in. Braai die ui, Gemmer en knoffel tot die geur goed gemeng het. Neem die hoenderstukke en strooi goed met sout en peper. Rol nou die hoender in die meel en plaas in die pot. Gooi die sous oor die hoender. Roer deur sodat die hoender met uie en olie bedek word. Van nou af word die pot nie weer geroer voor opskeptyd nie. Laat prut 20 minute. Voeg die groente soos volg by: Aartappels, wortels, pampoentjies en sampioene. Laat prut 45 minute. Voeg die gaar rys by die laaste 10 minute se kooktyd en laat die sous deurkook. Genoeg vir 6 tot 8 mense
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,273 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *