Sjokolade Rum koek

Baie dankie dat jy jou resep met ons gedeel het Skoonsus Meisie….

Beslag
250 ml (1k) koekmeelblom.
20 ml (4t)  bakpoeier.
125 ml (1/2 k) kakao.
250 ml (1 k) suiker.
2 ml (1/4 t) sout.
125 ml (1/2 k) kook water.
125 ml (1/2 k) kookolie.
10 ml ( 2 t ) bakpoeier.
4 ekstra groot eiers.

Stroop
250 ml  kookwater.
250 ml  suiker.
5  ml  koffie poeier
5  ml  rumgeursel.

Versiersel
360 g blik karamelkondensmelk.
1 pakkie Orley Whip.
1 peppermint crisp.

Voorverhit die oond tot 180 c.
Sif die meel,helfte van die bakpoeier,kakao,suiker en sout saam.
Meng die kookwater en olie en voeg by die droe bestandele,meng goed.
Voeg eiergele by en meng.
Klits die eierwitte styf met die oorblywende 10 ml bakpoeier.
en vou by die mengsel in.skep in n gesmeerdepan van ongeveer 22 cmx22 cm.
Bak ongeveer 35 minute lank.

Stroop
Verhit al die bestandele 5 minute lank saam en giet oor die warm
koek sodra dit uit die oond kom.laat die koek afkoel.
smeer die karamelkondensmelk op die koek,bedek met n laag styf geklitste orley whip
en rasper peppermintcrisp bo oor

geniet dit.

Hierdie koek smaak op sy beste as hy so dag lank kan staan sodat al die geure kan trou.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,972 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *