Baie dankie vir die resep Okkie
Bestandele
100g bitter sjokolade
60 ml botter
12,5 ml rum (of koffielikeur of sjokoladelikeur)
2 eiergele
30 gram gemaalde amandels
30 gram Romany Cream krummels (of mariebeskuitjie of koek)
230 g versiersuiker
Drinksjokolade (nie kakao nie) om balletjies in te rol
Metode
Breek die sjokolade in blokkies en smelt saam met botter oor kookwater of 70% krag in mikrogolf todat die sjokolade gesmelt is (roer gereeld)
Voeg die rum en die eiergele by en meng goed
Voeg die amandels by en krummels by en meng weer goed
Sif die versiersuiker by en meng weer
Keuse 1
Skep in voorafbereide sjokolade doppies of gebruik grootbek versierbuis
Gooi gesmelte skokolade oor vir boompies
Verkoel tot nodig
Keuse 2
Laat omtrent ‘n uur op ‘n koel plek staan
Rol dan in klein bolletjies (omtent 35) en rol elke bolletjie in drinksjokolade
Verkoel tot nodig