Bonebredie

Dankie vir jou resep Jan
1 Koppie droë Limabone
1 Ui gekap
1 Wortel in wielietjies gesny
1 Selderystingle opgesny
5ml Gemaalde knoffel
¼ Koppie olyfolie
1 Blik gesnyde tamaties
1 Eetlepel tamatiepuree
2 Teelels dille
10ml Sout
5ml Varsgemaalde swartpeper
Metode:
Week die bone oornag in koue water. Dreineer en voeg net genoeg water by om bone te bedek.  Kook vir 1 ½ uur. Braai die ui,wortel en knoffel in die olie. Voeg die tamaties en puree by en roer goed. Voeg die dille by. Voeg die mengsel by die bone en kook tot sag. Voeg die sout en peper by en kook vir 10 minute. Bedien op Bruinrys. Lewer 4 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 146 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *