BOTTERKOEK

330 g koekmeel
380 g suiker

2 t bakpoeier
3ml sout
200 g botter, saggemaak
250ml melk
8 ml vanieljegeursel
1 eier
Meng meel, suiker, bakpoeier en sout in ‘n groot mengbak.  Voeg botter by melk, geursel en eier en klits vir 30 sekondes by lae spoed. Skraap die kante van die bak af en klits weer stadig vir 2 minute. Voer twee ronde glasbakke van 20 cm met enkele lae papierhanddoek wat op die boom pas.  Skep koekmengsel in die bakke en maak gelyk. Mikrogolf een koek op ‘n keer op ‘n omgekeerde piering vir 7 ‑ 8 min. by volle krag.  Draai bak ‘n kwart na 4 minute indien nodig.  Haal uit oond en laat staan vir 15 min op ‘n houtbord.  Keer uit.  Plaas op mekaar en versier soos verkies.  Lewer 2 lae van 20 cm elk.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,310 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *