Druiweblatjang

Baie Dankie vir jou resep Jan
1 kg Druiwe
6 Granny Smith appels
1 E Gemmerkonfyt
½ E Sout
½ t Rooipeper
1 t Varsgemaalde knoffel
½ E Mosterdpoeier
1 t Peperwortelpoeier
600 ml Appelasyn
1 k Bruinsuiker
½ k Rosyntjies, fyn gesnipper
Metode:
Druk die moes uit die druiwe en bêre die velletjies eenkant. Gooi die moes, pitte en sap in ‘n kastrol en kook vir 10 minute op lae hitte. Syg die moes deur en gooi die pitte weg. Gooi die moes saam met die velletjies in ‘n kastrol. Skil en sny die appels se kern gedeelte uit. Sny die appels in skyfies en voeg dit by die druiwe. Roer die gemmerkonfyt, sout, rooipeper, knoffel, mosterd en peperwortel by. Voeg die asyn by en kook op lae hitte vir 30 minute. Voeg die bruinsuiker fyngesnyde rosyntjies by. Kook nog 1 ½ uur tot die mengsel lekker dik is soos blatjang moet wees. Laat afkoel, skep in gesteriliseerde flesse, skroef toe en bêre.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 253 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *