Geposjeerde Hoenderslaai

Baie dankie vir jou resep Jan.

Hierdie resep is Diabeties vriendelik
4 Geposjeerde hoenderborsies
2 Seldery stingels, in skyfies gesny
1 Klein rooi soetrissie, gekap
6 Groen olywe ontpit en klein stukkies gesny
1 Rooi ui, fyn gekap
1 Appel, geskil, ontkern en klein stukkies gesny
1/3 Van ‘n kropslaai in repies gesny
Sous:
5 Eetlepels Mayonnaise
1 Eetlepel Heuning
2 Eetlepels suurlemoensap
3 ml Sout
5 ml Swartpeper
Metode:
Plaas 2 liter water in ‘n kastrol met 10 ml Sout en bring tot kookpunt. Sny die hoeder 50 mm stukke en plaas in kookwater en plaas die deksel op. Skakel die stoof af en laat staan die hoender vir 15 minute in die kookwater. Dreineer die hoender en sny in klein blokkies.
Berei al die bestanddele voor en plaas in ‘n groot mengbak. Meng die hoenderblokkies by.
Sous:
Meng die mayonnaise, heuning, suurlemoensap, sout en peper saam. Roer die sous net liggies deur die hoendermengsel. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 196 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *