Hoender A La Maroela

10 Groot Hoenderdye
Sout Peper Koekmeelblom Olie

1.   Meng Peper, Sout En Koekmeel Saam En Doop Hoenderdye Daarin. Skud Af.
2.   Bak Hoenderdye In Vlak Olie Tot Goudbruin.
3.   Pak In Oondpan. Sous:

1 Koppie Tamatiesous
1 Koppie Blatjang
½ Koppie Suiker
½ Koppie Maroelajellie
½ Koppie Kookolie
½ Koppie Asyn, Opsioneel
1 Bottel Groentepiekels

1.   Meng Alles Saam
2.   Giet Sous Oor Hoender En Bak Vir 1½ Uur In Oond. Plaas Deksel Op
3.   Bedien Saam Met Rys

Hoeveelhede Hang Af Van Hoeveel Mense Jy Wil Bedien… Hoender Filette Opgesny In Blokkies En Gebraai In Olyf Olie Met Hoender Speserye (Gewone Hoender Wat Gestoom Is Kan Ok Gebruik Word Of As Jy Crumbed Hoender Filette Kan Kry,Maak In Oond Gaar..Gee Verskillende Smake)

Cocktail Tamaties
Kropslaai
Olywe (Pitloos,Die Groen Ene)
Cheddar Kaas In Blokkies Gesny Of Feta Kaas
Komkommer

Ps:Indien Jy Nog  Iets Slaaierig Wil Ingooi,Gaan Voort…
Maak Slaai In Borde,Skep Hoender Bo-Oor Slaai En As Jy Dai Ietsie
Spesiaal Oor Soek..N Paar Fyn Gekerfde Stukkies Biltong Bo-Oor Die
Hoender!Lekkerder Hoenderslaai Sal Jy Nie Kry Nie..Bon Appetite

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 235 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “Hoender A La Maroela”

  1. Ai, ek’t ‘n paar maande gelede omtrent 3 Kg maroela vruggies onder een van ons bome hier in Aranos opgetel en gou-gou daarvan konfyt gekook.

    Dit was my heel eerste keer want toe’t ek nognie vir Lipleklekker ontdek nie.

    As diabeet vermei ek natuurlik suiker sover en gebruik eerder siklamaat of Ja! (vanaf Superspar in Whk.) of ons eie Spar/Vietor&Raaff op Aranos.

    Ongelukkig het ek die fotos van my Maroelkonfyt verloor en my soektog op hardeskywe & rekenaars duur voort.

    DANKIE baie vir jul nutige en interessante webtuiste – u sal weer van my hoor.

    NS: Ekself het sover nog GEEN ‘Website’ nie maar lyk my jul bestuurder wil dit netnie so aanvaar nie ….

     
    1. Ek sal ‘n bietjie kyk na die website. Dankie dat U dit onder my aandag gebring het. U kan gerus so ‘n paar van U gunsteling Diabeet resepte stuur vir plasing op ons Blad. Baie Dankie

       

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *