Hoender en pastagebak

Baie dankie vir jou resep Jan

Hierdie is ‘n Diabetiese vriendelike resep
1 Eetlepel olyfolie
3 hoenderborsies vel en vet verwyder
10ml Droë gemengde kruie
250ml Water
2 Gekapte uie
1 Groensoetrissie gekap
3ml Gemaalde knoffel
3 Eetlepels koekmeel
1 Koppie laevet melk
200g Broccoli in stukkies gesny
10ml Aangemaakte mosterd
5ml Sout
10ml Suurlemoensap
5ml Swartpeper
250g Skroefnoedels
½ Koppie gerasperde laevet Cheddarkaas
Metode:
Sny die hoender in klein stukkies. Verhit een eetlepel olie in ‘n groot kastrol en braai die hoender bruin. Voeg die kruie en water by. Verlaag die hitte en prut 20 minute. Skep die hoender uit en hou die sous eenkant. Verhit nog ‘n eetlepel olie in die kastrol en braai die ui, rissie en knoffel vir 5 minute. Roer die meel by en dan die vloeistof stadig by om ‘n dik sous te vorm. Roer die melk by en prut vir 5 minute. Voeg die hoender, broccoli, mosterd, ½ teelepel sout, suurlemoensap en swartpeper by. Prut vir 10 minute. Kook intussen die pasta in soutwater tot net sag. Dreineer en roer die res van die olie by. Roer die pasta by die broccoli. Skep in oondpan. Strooi gerasperde kaas oor en bak 15 minute in voorafverhitte oond by 180°C  Lewer 6 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 314 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *