LEMOENPOEDING ~ Onbekend

Stroop:

250 ml water
250 ml lemoensap
125 ml wit suiker
knypie sout
Beslag:
125 ml wit suiker
60 ml margarien by kamertemperatuur
1 eier
250 ml bruismeel, gesif
125 ml lemoensap
knypie sout
Meng stroopbestanddele in ‘n glasbak en mikrogolf 5 – 7 (7 – 9) minute by volle krag – roer dikwels tussendeur.  Room suiker en margarien, voeg eier by en meng goed.  Voeg bruismeel, lemoensap en sout by en meng goed.  Skep beslag in warm stroop en mikrogolf, onbedek, 5 – 6 (7 – 8) minute by volle krag.  Sit warm of koud met vla of lemoenhuisies voor.  (tyd in hakies vir 500-watt-oonde)
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,420 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *