Marmite-tert

 

 Deur Barbara Joubert (Sarie-Januarie 2009)

 
Dankie dat jy die resep ingestuur het Okkie

 

60 ml Marmite

60 ml botter

2 ml sout

10 ml bakpoeier

500 ml meel

200 g botter

500 ml gerasperde cheddarkaas

250 ml melk

2 eiers

Sif al die droë bestanddele saam. Smelt die 200 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eier en melk saam en voeg nou by die botter-en-meelmengsel. Roer die gerasperde kaas by. Gooi in gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak in voorafverhitte oond teen 200 °C vir 15 minute. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die botter-en- Marmite-mengsel oor. Sny in blokke en eet warm.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,374 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *