Masala Hoender

Dankie vir jou resep Jan

Hierdie resep is Diabeties vriendelik
6 Hoenderborsies aan die been sonder vel en vet
2 Groot uie gekap
5ml Gemaalde knoffel
5ml Gerasperde gemmer
3 Kardamompeule
15ml Komyn
10ml Cayennepeper
2 Kaneelstokkies
10 Fynkoljander
5ml Borie
5ml Masala
3 Gekapte tamaties
30mll Tamatiepasta
500ml Hoenderaftreksel
3 Aartappels in blokkies gesny
5ml Sout
125ml Karringmelk of laevet jogurt
10ml Sonneblomolie
Metode:
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die hoenderstukke bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die ui, knoffel en gemmer vir 3 minute. Roer al die speserye by. Voeg die tamaties, pasta en aftresel en prut 5 minute. Voeg die hoender, aartappels, sout en peper by en prut 30 minute. Roer die karringmelk by en bedien saam met bruin rys. Lewer 6 tot 8 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 636 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *