Niertjies met ‘n suursous

dankie vir jou resep Jan
8 Skaapniertjies
500 ml water
30 ml Sout
30 ml Sonneblomolie
5 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
250 ml Kookwater
15 ml Mielieblom
15 ml Suiker
30 ml Bruinasyn
50 ml Varsgekapte pietersielie
Metode:
Maak die niertjies skoon deur die niertjies in die lengte, van die ronde kant af deur te sny. Trek die velletjies af en sny die buise uit sonder om die niertjies te beskadig. Giet die water in ‘n kommetjie en los die 30 ml sout daarin op. Plaas die niertjies in die soutwater en laat 20 minute. Dreineer en spoel die niertjies onder lopende water af. Droog die niertjies af met handdoekpapier. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die niertjies vir 6 minute terwyl hulle aanhoudend geroer word om die te brand nie. Strooi die sout en peper oor die niertjies en voeg die kookwater by. Meng die mielieblom, suiker en asyn en roer dit by die niertjhies. Hou aan met roer tot die sous verdik het. Strooi die gekapte pietersielie oor en sit voor met roosterbrood vir ontbyt. As jy dit vir aandete maak, bedien dit met kapokaartappels. Lewer 4 porsies
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6,644 times, 2 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “Niertjies met ‘n suursous”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *