SPESIALE APPELTERT

Dankie vir jou Resep Okkie

Bestandele
3 eetlepels sagte botter
1 koppie strooisuiker
3 geklitste eiers
¼ koppie melk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
blikkie tertappels
250ml room
125ml suiker

Metode
Sit oond op 180 grade Celcius. Meng botter en strooisuiker goed.  Meng eiers en melk saam.  Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.  Meng meel met bottermengsel.  Plaas appels in deeg.  Strooi kaneel oor en bak vir 45 minute. Kook stroop van suiker en room.  Gooi oor gaar tert.  Steek met vurk sodat room goed kan inloop.  Bedien met styfgeklopte room.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,247 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *