SPRINGMIELIESTROOP

(Uit: Partytjies is Pret)
Vir elke 250 ml rou pitte wat geskiet moet word, benodig jy:
375 ml suiker                                                
60 ml water
25 gr  margarien                                          
1  ml kleursel
Verhit alles behalwe kleursel baie stadig.  Roer gereeld. Moenie dit laat kook voor al die suiker opgelos is nie. Sodra stroop kookpunt bereik, laat dit vinnig opkook en haal dit dan van die stoof af, voeg kleursel by en meng.  Gooi stroop oor mielies wat klaar geskiet is en roer tot alles bedek is.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 177 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *