TUNA-OONDGEREG MET BROS BOLAAG

30 ml margarien
1 medium ui, gekap
60 ml melk
1 x 410g blik sampioenroomsop
2 hardgekookte eiers
1 k bevrore ertjies
200 g tuna (dreineer en vlok)
250 ml fyngedrukte kaas-en-uie aartappelskyfies

Plaas margarien in vlak oondskottel en mikrogolf 1 min (90 sek.) by volle krag.  Voeg gekapte ui by en roer goed.  Bedek en mikrogolf 2 min   (3 min) by volle krag.  Meng melk en sop.  Voeg gekapte eiers, ertjies en gevlokte tuna by.  Meng goed met ui in oondskottel en strooi aartappelskyfies oor.  Mikrogolf 12 – 15 min (16-20 min) by 50% krag.  Laat 4 min staan op kookproses te voltooi.
(tyd in hakies is vir 500-watt-oonde)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 334 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *