Baba Aartappels op ‘n stokkie

Baie dankie vir jou resep Jan

125 g Streepspek
16 Baba aartappeljies
16 Klein sosatiestokkies
1 Pakkie spare-rib marinade
½ Teelepel sout
Metode:
Kook die aartappeltjies in soutwater vir 15 minute. Dreineer. Sny die streepspek in die helfte deur en draai ‘n stukkie om elke aartappeltjie en steek vas met die stokkies. Plaas in in bak. Maak die marinade aan volgens die instruksies op pakkie en giet oor die aartappeltjies. Marineer 20 minute. Plaas in oondpan en rooster in voorafverhitte oond  by 180°C  vir 10 minute. Lewer 8 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 324 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *