Koolslaai met ‘n Eiersous

 

Baie dankie vir jou resep Jan
4 Eiers
5 ml Sout
375 ml Suiker
8 ml Mosterd
375 ml Witasyn
20 ml Melblom
1 Middelmatige koolkop, gekerf
Metode:
Klits die eiers deeglik. Voeg die sout, suiker en mosterd by en klits tot goed gemeng. Voeg die asyn baie stadig by terwyl deurentyd geklits word. Daar moet geen klonte vorm nie. Gooi alles in ‘n kastrol en verhit op die stoof. Sodra dit begin kook, word die meel met ‘n bietjie asyn gemeng en geleidelik bygevoeg. Roer deurentyd oor matige hitte om ‘n gladde sous te vorm. Die sous moet taamlik dik wees, want die kool trek baie water. Laat dit heeltemal afkoel. Meng met die gekerfde kool. Die slaai is lekker saam met gebraaide hoender of varktjops. Lewer 6 tot 8 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 616 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *