PASTORIE-SJOKOLADEPOEDING

300 ml melk                                                 
30 ml water

15 ml vlapoeier                                           
300 ml ingedampte melk, goed verkoel
45 ml kakao                                                  
geklitste room gerasperde sjokolade en neute (ops)
60 ml suiker
15 ml gelatien
Meng ‘n bietjie melk met vlapoeier en kakao tot ‘n dun pasta.  Verhit res van melk en suiker tot koopunt.  Voeg kakaomengsel in dun straaltjie by – roer voortdurend oor lae hitte tot glad en dik.  Week gelatien in koue water en los op oor kokende water.  Roer by vla.  Laat afkoel.
Klits koue ingedampte melk tot dubbel in volume.  Voeg mengsels bymekaar en giet in ‘n groot bak of individuele bakkies.  Verkoel in yskas tot ferm.  Versier met room, gerasperde sjokolade en neute.  8 – 10 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 361 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *