PAVLOVA – KLEINTJIES

Meringue:

3 eierwitte                                                    
knippie sout
225 ml strooisuiker                                    
10 ml appelasyn
10 ml maizena

Vulsel:
1 x 810g perskeskywe                             
  pulp van 6 grenadellas
2 ferm piesangs, skyfies en                   
250 ml room
  in suurlemoensap geweek                  
15 ml versiersuiker
vanielje
Meringe:  klits witte met sout tot skuimerig met elektriese menger.  Klits suiker geleidelik by.  Klits tot styf.  Gebruik metaallepel en vou asyn en mielieblom liggies maar deeglik in.  Skep meringue op voorbereide bakplaat, maak ‘n sirkel met ‘n taamlike dik basis en ‘n verhewe rand.  Bak 1 uur by 140ºC.  Moenie die oond oopmaak nie.  Skakel oond af na 1 uur en laat in oond tot heeltemal koud, verkieslik oornag.  Plaas op bord. Berei vulsel vooraf en skep in net voor opdiening:  dreineer perskes goed, voeg grenadellapulp en piesangs by,, bedek en hou eenkant.  Klits room en versiersuiker en vanielje en verkoel.  Vou vrugte by room in en vul doppies.  (Stukkies marshmallow en kersies kan ook bygevoeg word.)
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 317 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *