Sjokolade sous

60ml kakao
175ml (150g) suiker
125 ml kookwater
2ml vanielje-essens
‘n knippie sout
Meng al die bestanddele in ‘n 1-liter beker, en roer dit goed. Mikrogolf dit 2,5 – 3 minute lank op Hoog (dit moet 1 minuut lank goed kook). Roer dit, en laat dit staan om af te koel. Hierdie sous bly loperig en kan min of meer vir ‘n onbepaalde tyd gehou word.
Indien ‘n groter hoeveelheid gemaak word, moet daar gesorg word dat dit 1 – 1.5 minute lank goed kook.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,982 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *