Soet Anysbeskuit

Baie dankie vir jou resep Jan
Lewer 100 stukke beskuit
1 Liter Suurmelk
500 ml Suiker
500 g Margerien
4 Groot eiers
2,5 kg Bruismeel
15 ml Koeksoda
3 ml Kremetart
30 ml Anyssaad
5 ml Sout
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C  Smeer 4 broodpanne met kossproei. Verhit die margerien in ‘n kastrol en voeg die melk en suiker by. Roer tot die suiker alles opgelos het. Laat afkoel. Klits die eiers en voeg by die mengsel. Sif die droë bestanddele saam en giet die mengsel by die meel in. Meng goed deur en skep in gesmeerde broodpanne. Gebruik ‘n spaan wat in olie gedoop is om die bokant gelyk te maak. Bak vir 55 minute en keer uit op ‘n brooddoek of tafeldoek en laat afkoel. Sny met ‘n elektriese mes in beskuit grootte stukke en droog oornag uit by 100°C. Lewer 100 tot 120 stukke afhangende hoe dik jy sny. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 365 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *