Wit Hamburger Rolletjies

Baie dankie vir jou resep Jan
500 g Gewone koekmeel
1 Sakkie kitsgis
½ t Sout
1 t Strooisuiker
350 ml Melk
25 g Botter

Glaseer dit met ‘n eier, knypie sout en 1 eetlepel melk
Metode:
Meng die meel met die gis, sout en suiker in ‘n groot bak. Verhit die melk en botter totdat die botter begin smelt. Gooi dit by die droë bestanddele. Mang en voeg nog meel by as die deeg te nat is. Knie tot glad. Sit in ‘n gesmeerde bak, bedek en laat staan dit op ‘n warm plek vir ‘n uur om te rys (tot dubbelgrootte).

Druk die lug uit en sit op ‘n oppervlak wat met meel besprinkel is. Vorm ses burgergrootte rolletjies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bedek en laat staan 30 minute om te rys. Meng die eier, sout en melk en smeer dit aan die bokante van die rolletjies. Bak 15 minute by 220ºC. Lewer 6 porsies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 586 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *