Hoenderfillette met Ham en Kaas

Dankie vir jou resep Jan

4 Hoenderborsies
200 g Ham in skyfies gesny
½ Koppie gerasperde Cheddarkaas
2 Geklitste eiers
1 Pakkie broodkrummels
3 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
Olyfolie vir braai
Metode:
Vlek die fillette in die middle deur. Pak die ham en kaas op die een helfte en vou die ander helfte bo-oor. Steek vas met tanderstokkies. Doop die fillette in die geklitste eier en rol dan in die broodkrummels. Plaas in die yskas vir 30 minute en bak in diep olyolie. Draai dikwels om, tot bruin aan albei kante. Bedien met gestoofde groente. Lewer 4 porsies. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 274 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *