Kerrie Skaapafval

Dankie vir jou resep Jan
1 Skaapafval (2 kg ) (Skoongemaak)
Water om te bedek
5 ml Fyn naeltjies
10 Fyn Wonderpeper
5 ml Koljander
250 ml Asyn
20 ml Suurlemoensap
15 ml Suiker
2 Groot uie gesnipper
2 E Sonneblomolie
5 ml Varsgemaalde knoffel
5 ml Gemmer
30 ml Matige Kerrie
15 ml Borrie
1 Blikkie tamatiepasta
30 ml Appelkooskonfyt
125 ml Asyn
12 Klein aartappeltjies
12 Klein uitjies
Metode:
Week die afval in ‘n kom water met 125 ml asyn vir ten minste een uur. Dreineer die vleis en spoel in koue water af. Sit die harsings in die ruitjiespens, ook genoem die blaarpens, en bind hom bo met ‘n lyntjie toe. Sny die res van die pens in 2,5 cm stukke. Plaas alles in ‘n swaarboomkastrol of plat ysterpot. Voeg die speserye, asyn, suurlemoensap en suiker by en bedek met water. Prut oor lae hitte vir 5 uur tot dit sag en lekker lymerig is.
Braai die ui in die olie, voeg die knoffel by en braai 5 minute. Voeg dit by die afval. Meng die gemmer, kerrie, borrie, pasta, appelkooskonfyt en asyn goed saama en voeg by die afval. Prut vir 20 minute. Voeg die aartappeltjies en uitjies by en prut verdure 40 minute. Haal die harsingpensie uit en sny die toutjie af. Plaas terug by die res. Bedien die afval met stampmielies of stampkoring. Lewer 4 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,117 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Kerrie Skaapafval”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *