KOFFIE-AMARULA-NAGEREG:

Dankie vir jou resep Okkie

So lig soos ‘n souffl√© en absoluut heerlik!

20 ml koffiepoeier                                                            
125 ml kookwater
300 g malvalekkers                                                         

1 blik (410 g) verkilde, ingedampte melk
30 ml Amarula-room                                                    

125 ml gekapte neute

Los die koffie in die water op.  Giet in groterige kastrol en plaas die malvas daarin.  Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is.  Klits intussen die koue melk tot styf.  Roer die koffie-malvamengsel deur om seker te maak dat al die lekkers opgelos is.  Roer die mengsel dan by die styfgeklitste melk in. Voeg Amarula en neute by en roer deur.  Skep in individuele glase of in ‘n groot bak.  Plaas in yskas om te stol.  Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 540 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *