LAMINGTONS

 

4 eiers
375 ml suiker
10 ml vanieljegeursel
230 g botter/margarien
750 ml koekmeel
10 ml kremetart
5 ml sout
250 ml melk
5 ml koeksoda
Room eiers, suiker en geursel.  Smelt botter oor lae hitte en voeg by.  Klits goed.  Sif meel, kremetart en sout saam en vou die melk hierby in.  Voeg die eiermengsel by en meng goed.  Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en meng dit by.  Gooi die beslag in ‘n gesmeerde koekpan van 450mm x 250 mm en bak dit 12 – 15 minute by 200ºC.  Laat die koek afkoel en sny dit in blokkies van 50mm x 50mm.
Stroop:
500 g versiersuiker
125 g botter
15 ml kookwater
5 ml vanielje
20 ml kakao
klapper vir versiering
Meng al die bestanddele, behalwe die klapper, goed saam.  Doop die blokkies in die stroop en daarna in die klapper.  Laat dit afkoel.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 300 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *