OUMA POTGIETER SE SPESERY KOEKIES

Dankie vir jou resep Malinda van Deventer

2 kop.     Margarine
12 kop.   Meel
10            Eiers
1 kop.     Vet (sukkel om dit te kry)
5 kop.     Suiker
2 teel.      Koeksoda, gemeng met ‘n bietjie asyn.
3 opgehoopte eetl.                Bakpoeier, gemeng met ‘n bietjie melk
1 opgehoopte eetl.                Fyn gemmer
1 opgehoopte eetl.                Fyn naeltjies
1 opgehoopte eetl.                Gemengde speserye

Meng margarine, suiker en vet saam.
Voeg eiers, koeksoda en bakpoeier by.
Klits vir 15 min.
Voeg meel, en al die ander droë bestanddele by.
Knie verder met die hand.
Rol uit of sit deur koekiemasjien.
Sit kersies bo-op.
Bak tot gaar by 160°C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 4,700 times, 1 visits today)
Advertisements

3 thoughts on “OUMA POTGIETER SE SPESERY KOEKIES”

    1. Die het ek van Antoinette de Greeff van Facebook af geleen:
      julle moet onthou dat n 250ml koppie se meel nie 250gr weeg nie – ek werk n koppie meel = 160gr en n koppie suiker = 220gr.
      Daar is baie verskillende opinies.
      Ek self tel maar koppie vir koppie af.
      As ek bv 4 x 12 koppies gebruik dan maal ek die res van die bestandele ook met 4.

      1. Dan is daar sommige resepte wat nie goed uitwerk as jy dit net verdubbel of x 3 maak nie.
        Jy moet elke mengsel apart meng en bak.
        Die resep het ek nog nooit verdubbel nie dus kan ek nie waarborg dat dit reg sal uitwerk nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *