PIESANGMUFFINS

 

500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml sout
1 ml fyn neutmuskaat
125 ml suiker
1 eier
80 ml melk
80 ml olie
125 ml piesangmoes, gemeng met
12,5 ml suurlemoensap
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, sout, neutmuskaat en suiker saam. Klits die eier, melk en olie saam.  Maak ‘n holte in die meelmengsel en voeg die geklitste mengsel daarby, sowel as die piesangmoes.  Roer die mengsel totdat alles goed vermeng is – nie meer as 20 roerbewegings nie.  Skep gesmeerde muffinpanne twee derdes vol met die beslag en bak dit 35 minute by 190ºC tot goudbruin.  Bedien dit saam met botter en heuning.     Variasie:   Voeg 250 ml sitrusskil by die beslag.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,606 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *