PIESANG OLIEBOLLE

 

1 eier
125 ml suiker
60 g botter, gesmelt
800 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
5 ml sout
1 ml koeksoda
2 ml kaneel
1 ml fyn neutmuskaat
  1 ml fyn naeltjies
250 ml piesangmoes + 25 ml suurlemoensap
olie vir diepbraai
kaneelsuiker
Klits eier, suiker en botter saam.  Sif meel, bakpoeier, sout, koeksoda, kaneel, neutmuskaat en naeltjies saam.  Meng meelmengsel om die beurt met piesangmoes by die eiermengsel in.  Die deeg behoort sag en hanteerbaar te wees.  Rol die deeg 10 mm dik op ‘n meelbestrooide deegplank uit.  Druk sirkels af en ‘n kleiner sirkel in die middel af.  Verhit olie en braai 3 – 4 oliebolle gelyktydig tot goudbruin aan weerskante.
Strooi kaneelsuiker oor.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 279 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *