Skaapniertjies en Sampioene

Dankie vir jou resep Jan
8 Skaapniertjies, skoongemaaak en in die lengte in twee gesny
15 ml “Chargrilled Smokey BBQ”
15 ml Koekemeel
30 ml Sonneblomolie
1250 g Sampioene in skywe gesny
2 ml Tiemie
3 ml Sout
5 ml Peper
125 ml Room
Metode:
Meng die BBQ spesery met die meel en strooi dit oor die niertjies. Braai in warm olie vir 5 minute aan ‘n kant.. Haal uit en hou warm. Plaas die sampioene in die pan en braai vir 5 minute. Skraap die pan onderin terwyl die sampioene brai om die niertjiegeur te kry. Geur met die sout en peper en voeg die pietersielie by. Prut vir 2 minute. Plaas die niertjies terug in die pan en voeg die room by. Bedien saam met roosterbrood of kapokaartappels. Lewer 4 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 556 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *