Suikerboonbredie

Dankie vir jou resep Jan
2 x 410g Blikke sukerbone
1 Ui gekap
1 Groen soetrissie in 1cm blokkies gesny
5 ml Gemaalde knoffel
500 g Stowe skaapvleis
20 ml Botter
5 ml Sout
5 ml Swartpeper
Metode:
Braai die ui, soetrissie en knoffel tot sag in die botter. Voeg die vleis by en braai tot bruin. Laat dit op lae hitte stowe vir 1 uur. Voeg suikerbone  met sous en sout en peper by. Laat stadig prut op lae hitte vir ‘n verdere ½ uur. Bedien op rys. Lewer 4 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 145 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *