Swart Olywe (Bets)

Dankie vir jou resep Jan
5 kg Swart olywe
Growwe sout
Water
Asyn
Metode:
Was die olywe en sny kruisies op die kop van die olywe. Plaas die olywe in lugdigte houer en vul met water. Maak dig toe en laat staan 3 weke. Ruil elke dag die water om met skoon water. Na drie weke word die water afgegooi en ‘n mengsel van : 5 Bottels bruinasyn en 5 liter water oor die olywe gegooi. Hulle moet heeltemal bedek wees.  Laat staan vir 24 uur. Gooi die oplossing af en laat staan die olywe vir 4 uur. Kook 300g growwe sout, 5 liter water en 250 ml Wynasyn en 50 ml sonneblomolie saam.  Maak seker sout is opgelos. Pak die olywe in 12 x 750 ml  gesteriliseerde flesse en vul met die oplossing. Die olywe moet bedek wees. Draai styf toe en laat staan 3 maande voor gebruik.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 196 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *