TAMBOESIES

 

400 g bevrore blaardeeg, ontdooi
Vulsel:
60 ml suiker
30 ml vlapoeier
30 ml mielieblom
knippie sout
500 ml melk
5 ml vanieljegeursel
versiersuiker, gesif
 kookwater
suurlemoensap na smaak
Rol die deeg oop en sny dit in 40mm x 40 mm vierkante.  Plaas dit uitmekaar op ‘n bakplaat en bak dit ongeveer 12 minute by 200ºC.  Bak dit tot goudbruin en uitgepof.  Laat dit afkoel op afkoelrak.
Vulsel:
Meng suiker, vlapoeier, mielieblom en sout en maak dit aan met ‘n bietjie van die melk.  Verhit die res van die melk tot kookpunt.  Roer bietjie kookmelk by die vlapoeiermengsel en roer die pasta by die melk in die kastrol oor lae hitte tot dik en gaar.  Haal van die stoof af.  Roer vanielje by.  Plaas stukkie nat waspapier op vla en laat dit afkoel.
Sny elke vierkantjie met ‘n skerp mes oop.  Skep die vla op die onderste stukkie en plaas die dekseltjie terug.  Maak die versiersuiker aan met kookwater tot ‘n dik pasta.  Voeg ‘n bietjie suurlemoensap by en skep dit op elke tamboesie.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,212 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *