GEURIGE VARKBOUD

1 groterige varkboud

sout, peper en mosterdpoeier
geskilde knoffelhuisies
2 liter Coca‑Cola
Vryf die boud met sout, peper en mosterdpoeier in.  Steek ‘n paar gaatjies in die boud en druk ‘n knoffelhuisie in elke gaatjie.  Sit die boud in ‘n oondpan met ‘n deksel.  Giet die koladrank oor die boud, sit die deksel op en bak dit 3 ‑ 4 uur lank stadig.  Haal die deksel af ‘n halfuur voordat die boud uit die oond moet kom en stel die oondtemperatuur hoër. Dien appelmoes en pynappelringe saam met die boud op.
(Die oondhitte moet ongeveer 150ºC wees.)
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 8,997 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *