Heerlike pasta gereg

Dankie vir jou resep Jan
3 Hoenderborsies, ontvel en ontbeen
250 g Groot skulp pasta
1 Pakkie sampioensous
1 Pakkies swartpepersous
200 ml Kookwater
500 ml Warm melk
10 ml Sonneblomolie
10 ml Gemengde kruie
10 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
Metode:
Sny die borsies in skywe. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die vleis vir 8 minute. Voeg 5 ml sout. 3 ml swartpeper en 10 ml gemengde kruie by en braai vir 2 minute. Gooi water in ‘n kastrol en voeg die res van die sout by. Voeg 10 ml kookolie by en bring tot kookpunt. Kook die pasta in die soutwater vir 10 minute en dreineer. Meng die sampioen- en pepersouspoeier met die 200 ml kookwater. Voeg die 500 ml warm melk by en roer deur. Meng die pasta met die hoenderborsies in die pan en voeg die sousmengsel by. Prut op lae hitte tot sous verdik het, 8 tot 10 moinute. Lewer 3 tot 4 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 270 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *