Hoender en Rysgereg

Dankie vir jou resep Jan

250 ml Rou rys
750 ml Kookwater
4 Hoenderborsies
1 Rooi Soetrissie, in blokkies gesny
1 Groen Soetrissie in blokkies gesny
2 Uie, gekerf
15 ml Matige speserygeur kerriepoeier
5 ml Borrie
5 ml Growwe swart peper
3 ml Sout
2 Hoenderblokkies
50 ml Bladjang
30 ml Olyfolie
5 ml Hoenderspeserye

Metode:
Verf hoender met olyfolie geur met hoenderspeserye, sout en peper. Plaas in ‘n oondpan en rooster in oond vir 15 minute. Sny die vleis in klein stukkies. Soteer die soetrissies en fyngekapte uie in die res van die olie. Plaas die rys in ‘n oondskottel. Los die hoenderblokkies in die kookwater op en gooi oor die rys. Meng die vleis en die res van die bestanddele saam en skep oor die rys. Plaas die deksel op en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 30 minute. Verwyder deksel en bak ‘n verdere 10 minute tot alle oortollige water geabsorbeer is.
Heerlik!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 172 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *