Hoender Met Perskes En Heuning:

Bestanddele:
8 Hoenderboudjies Of Dye
250 Ml    Blatjang
50    Ml    Heuning
50    Ml    Mayonnaise
10    Ml    Kerriepoeier
5    Ml    Sout
1    Blk    Perskeskywe (410 G)
 
Metode:
 Voorverhit Die Oond Tot 180°c. Plaas Die Hoenderstukke In IN Oondkastrol Met IN Deksel.  Meng Die Blatjang, Heuning, Mayonnaise, Kerriepoeier En Sout.  Gooi Dit Oor Die Hoenderstukke, Sit Die Deksel Op En Bak Dit 90 Minute.  Haal Die Deksel Af, Skep Die Olie Wat Bo-Op Dryf Af En Plaas Die Perskeskywe Tussen Die Hoenderstukke En Bak Dit Nog 30 Minute (Sonder Deksel).
 
Sit Dit Voor Met Mengelslaai En Rys. Spaanse Hoender

1 Koppie Van Elk Van Die Volgende:  Wyn (IN Rooi Muskadel Werk Nogal Lekker), Worcestersous, Tamatiesous, Chutney, Kookolie. Meng Die Bestandele En Gebruik Dit Om Hoender Stukke (Ek Gebruik Gewoonlik Boudjies) Oornag Te Marineer In Geseelde Bak. Maak Dan In Die Oond Binne In Die Sous Gaar Op 180grade. Bedien Warm Of Yskoud.  Albei Ewe Lekker.

Wat Ook Nogal Lekker Hier Werk Is As Jy Dit Op Die Stoof In Die Sous Gaar Maak (Ek Gebrui My Bauer Pot).  Bedien Met Geel Rys En Groente (Of Gewone Rys – Die Sous Is Lekker Op Die Rys).

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 730 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *