Hoender-Roerbraai

Baie dankie vir jou resep Jan

 4 Borsies ontbeen en ontvel en in repies gesny
30ml Druiwe asyn of suurlemoensap
2 Eetlepels Worcestersous
¼ Koppie tamatiesous
1 Teelepel suiker
15ml Sonneblomolie
1 Ui gekap
1 Groen soetrissie gekap
2ml Gemmer
3 Wortels in repies gesny
3 Baba murgpampoentjies
250ml Gevriesde pitmielies
1 Koppie gekerfde kool
30ml Water
5ml Sout
5ml Varsgemaalde swartpeper
Metode:

Meng die eerste vier bestanddele saam en mariner die vleis daarin. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en roerbraai die hoender vir 5 minute. Braai die ui, soetrissie en gemmer vir 5 minute. Voeg die wortels en pampoentjie by. Roerbraai tot amper sag. Roer die mielies, kool en hoender met marinade by. Voeg die water by en sit deksel op. Prutvir 10 minute. Strooi die peper oor en bedien dadelik met spaghetti of bruinrys. Lewer 6 porsies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,713 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *