500 ml koekmeel
2 ml sout
10 ml bakpoeier
12,5 ml matige kerriepoeier
rooipeper na smaak
140 g botter
250 ml gerasperde Cheddarkaas
koue water
melk
Meng meel, sout, bakpoeier, kerriepoeier en rooipeper saam. Vryf die botter in. Voeg die kaas by en meng goed. Roer die water bietjie vir bietjie by en vermeng dit met ‘n slaplemmes tot ‘n sagte deeg. Rol die deeg uit, druk sirkels met ‘n koekiedrukker af en voer ‘n kolwyntjiepan daarmee uit. Rol die res van die deeg dun uit en druk klein dekseltjies vir die kolwyntjies af. Verf ‘n bietjie melk oor.
Vulsel:
37,5 ml botter
60 ml koekmeel
1 x 410g blik sampioensop
melk
500 ml gaar hoender, in stukkies
25 ml pietersielie, gekap
Smelt die botter en roer die meelblom by. Voeg die sop by en roer melk geleidelik by om ‘n dikkerige witsous te vorm. Voeg die hoender by en geur die vulsel met die pietersielie.
Skep die vulsel in die gevoerde kolwyntjiepan en plaas die dekseltjies bo-op. Bak die kolwyntjies ongeveer 15 minute lank by 180ÂșC.
(Visited 135 times, 1 visits today)
Advertisements