Koeldrank

Vandag wil ek graag met julle my koeldrank resep deel. Dank aan die Hemelse Vader wat my die gawe gegee het. Hierdie resep is gebasseer op ‘n Gemmerbier resep wat ek op Kyknet gesien het. Al wat ek by die resep gesit het is die 2 e Suurlemoensap.

Basiese Resep

1 1/2 Koppie suiker
1 t Korreltjie suurdeeg
2 e Suurlemoensap
3 Rosyntjies (Of na smaak)
Lou water.

Gooi alles in ‘n 2L koeldrank bottel en vul met lou water. Laat die koeldrank gis vir 24 uur of tot die rosyntjies bo is. Sit koeldrank in yskas en geniet. Hoe langer jy die koeldrank in die yskas hou, hoe meer verbeter die smaak. Die basiese resep kan gemaak word vir mense wat nie van Gemmer hou nie. So dit is eintelik ‘n gemmer lose gemmerbier.

Gemmerbier
Voeg 2 proppies Lennons Jamaika gemmer by

Pynappel Koeldrank
Maak basiese resep aan (Sonder water). Gooi gerasperde pynappel by in bottel (na smaak) Ek gebruik so halwe klein pynappel. Gooi lou water by en laat gis.

Grenadella Koeldrank
Maak basiese resep aan (Sonder Water). Gooi ‘n bakkie of twee grenadella moes by. Gooi lou water by en laat gis.

Suurlemoen Koeldrank
Maak basiese resep aan (Sonder Water). Rasper twee suurlemoene se skil en gooi by mengsel. Sny die wit deel van die suurlemoen af en sny die twee suurlemoene fyn. Gooi by mengsel. Gooi lou water by en laat gis.

Ek gaan later van tyd ander vrugte probeer en sal julle op hoogte hou. As julle dalk die koeldrank maak met ander vrugte laat weet asb.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,545 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *